Ons sal die nuwe toespraak aan jou e-pos binne 7 tot 10 werksdae vanaf die dag wat bewys van betaling ontvang is.
Stuur gerus vir ons 'n e-pos na info@redenaars.co.za indien jy belangstel in 'n nuwe alleenreg toespraak.
Ons Hoof Redaktriese gaan al ons nuwe toesprake deur. Sy is al meer as 20 jaar in die bedryf en was al op verskeie vlakke betrokke by die ATKV. Sy keur, evalueer en hersien alle nuwe toesprake en maak seker dat dit op die regte standaard is.
Tussen Oktober en Maart van elke jaar is die waglys tussen 8 en 12 weke weens die volume versoeke vir nuwe toesprake. Die res van die jaar sal daar 'n kort waglys of geen waglys wees nie.
Tydens die bestel proses kry jy die geleentheid om 'n onderwerp te formuleer en ook vir ons soveel moontlik agtergrond inligting te gee oor die leerder en die argumente wat julle wil stel. Hoe meer inligting julle deur gee hoe beter kan ons die toespraak aanpas by die spreker. Indien jy versuim om enige inligting te voorsien, kan ons ongelukkig geen verantwoordelikheid neem daarvoor nie.
Vir krediet kaart betalings is die voorbeeld toespraak onmiddelik aflaaibaar, want die stelsel keur self die transaksie goed. Vir internet oorplasings word die voorbeeld toespraak beskikbaar gemaak op die webwerf sodra ons bewys van betaling ontvang het.
Voorbeeld toesprake is bedoel om as 'n voorbeeld te dien. Met ander woorde: jy moet die toespraak verwerk met jou eie gedagtes, anders loop jy / die spreker die risiko om 'n duplikaat toespraak te lewer.
Nee, alle toesprake bly die intellektuele eiendom van Redenaars.co.za en dus mag jy nie 'n toespraak weer aan iemand anders verkoop sonder ons uitdruklike geskrewe toestemming nie.
Ongelukkig nie. Weens die feit dat die toesprake elektronies voorsien word is die risiko van ongemagtigde verspreiding te groot. Voorbeeld toesprake word egter teen meer as 50% afslag (in vergelyking met nuwe toesprake) aangebied en dus aanvaar ons dat die opsommende inligting voorsien in die toespraak beskrywing genoegsaam is om te kan oordeel of die onderwerp van toepassing is.
Ons ekspert skrywers sal jou redenaars toespraak redigeer teen 'n maksimum koste van R350 vir een hersiening, of R400 vir twee hersienings! (Ons vra dat kliënte eers vir ons die self-geskryfde toespraak stuur sodat ons kan sien of redigering moontlik sal wees en hoeveel redigering nodig is. Die prys verminder indien daar minder redigering nodig is.)
Die redigeringsdiens beteken dat ons jou toespraak sal nagaan en terug aan jou rapporteer oor of:
LET ASB OP DIE VOLGENDE:
1. Alle toesprake moet in 'n Microsoft Word 97/2003 formaat gestoor en ge-epos word aan info@redenaars.co.za
2. Redigering neem 'n minimum van 5 werksdae
3. Redigering beteken NIE dat ons die toespraak vir jou skryf nie - daar sal slegs kommentaar gelewer word op die skryf stuk wat jy aan ons stuur. Verstaan dit asb as 'n beoordeling / evaluering van die toespraak - nie as 'n herskryf nie.
Klik asb. die "e-pos ons" knoppie of stuur vir ons 'n e-pos na info@redenaars.co.za indien jy belangstel om 'n self-geskryfde toesrpaak te laat redigeer.
Jy kan per direkte oorplasing betaal. Volg die normale aankoopstappe en wanneer jy by die betalingskerm kom, selekteer "EFT". Die webblad sal dan vir jou die bank besonderhede gee en 'n bestellingsnommer wat jy as 'n verwysing moet gebruik.
E-pos asb bewys van betaling na info@redenaars.co.za
E-pos ons gerus met enige vrae - info@redenaars.co.za