Die 2025 ATKV temas bekend gemaak op die ATKV se webwerf:
Graad 1 tot 3 Afrikaans Huistaal
Graad 4 en 5 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal
Graad 6 en 7 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal (voorbereid)
Graad 8 en 9 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal (voorbereid)
- Klatergoud
- Vergelyk
- Mengelmoes
Graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal (voorbereid)
- Debakel
- Agenda
- Wentelbaan
Indien jy belangstel in 'n professionele topgehalte nuwe toespraak (uniek en spesifiek geskryf vir jou kind), plaas gerus solank jou naam op die waglys. Klik asb. op die skakel en voltooi al die besonderhede op die epos so volledig as moontlik.
Voor jy bestel, bevestig asb. met jou kind se skool se redenaarsorganiseerder dat die skool wel die ATKV se temas volgende jaar gaan gebruik.
Pryse vir nuwe toesprake is as volg:
Gr 1-3 – R750 (gewoonlik 3-4 min lank)
Gr 4-7 – R860 (gewoonlik 3-5 min lank vir Gr. 4-5, en 4-6 min lank vir Gr. 6-7)
Gr 8-12 – R965 (gewoonlik 5-7 min lank)
Alleenreg:
Alle nuwe toesprake word spesifiek volgens bestelling geskryf.
- Alle nuwe toesprake is beskikbaar vir alleengebruik (landswyd) vir die Redenaars seisoen (maks 12 maande) waarvoor dit gekoop word.
- Alle toesprake bly die eiendom van Redenaars.co.za en sal na die verstryking van die alleenreg as 'n bestaande toespraak voorbeeld beskikbaar gestel word.
- Neem asb. kennis van die vrywaringsklousule hieronder.
* Vrywaringsklousule:
Met die aankoop van Nuwe Toesprake versoek ons dat u 'n beredeneerde onderwerp formuleer en ten minste 3 stawende argumente uiteensit. Dit is om te verseker dat die toespraak:
- Op die regte vlak van jou kind is,
- Pas by sy / haar persoonlikheid,
- Voldoen aan julle spesifieke vereistes, en,
- Jou kind se eie siening, mening en idees weerspieël.
Indien u versuim om dit te doen, aanvaar u volle verantwoordelikheid vir die uitkoms van die toespraak en vrywaar u Redenaars.co.za en ons skrywers teen enige eise of versoeke om die toespraak te verander of oor te skryf. Sulke versoeke sal dan verdere kostes tot gevolg hê.