Soek

ATKV Redenaars Riglyne

Top 10 wenke vir deelname aan die ATKV Redenaars of soortgelyke kompetisies

Ons ontvang gereeld vrae oor wenke vir die ATKV Redenaars of soortgelyke kompetisies. Hier volg ons top 10 wenke, kort en kragtig:

 
1.      Jou Onderwerp MOET beredenerend wees!
Die heel belangrikste van al die wenke! Maak baie seker dat jou onderwerp beredenerbaar is. Redenaars is per definisie ‘n toespraak waar jy mense oortuig van iets en as jou onderwerp verkeerd geformuleer is en as jou onderwerp nie beredeneerbaar is nie, het jy klaar die punt gemis. Veral die ATKV Redenaars beoordelaars is baie streng hieroor.
 
2.      Ken jou toespraak!
Daar is geen verskoning om nie jou toespraak te ken nie.
 
3.      Oefen vir die onvoorbereide toesprake!
Om net 1 of 2 keer ‘n jaar aan ‘n kompetisie deel te neem en dit te gebruik as jou oefening vir onvoorbereide toespraak aanbieding is NIE genoeg nie. Sprekers wat ver in die kompetisies wil vorder moet ten minste elke dag ‘n onvoorbereide toespraak oefen. Net soos wat mens vir enige ander sport, kultuur of drama voordrag moet oefen.
 
4.      Praat natuurlik!
Onthou jy lewer jou toespraak vir mense, so praat met die gehoor soos wat jy met jou familie of vriende sou praat, indien jy hulle probeer oortuig van ‘n standpunt.
 
5.      Toespraak struktuur
Maak seker dat jou toespraak ‘n baie goeie struktuur het. Dis baie moeilik vir die gehoor om te luister na ‘n spreker en dan te verstaan wat hy / sy probeer sê en waarvan hy/sy jou wil oortuig. Dit is baie belangrik om pertinent vir jou gehoor te laat verstaan : Hierdie is my inleiding, hierdie is my onderwerp, dis waaroor ek gaan praat en hierdie is die 3 argumente waarvan ek jou nou oortuig het saam vat in die slot.
 
Dit beteken nie dat jy moet sê standpunt nommer 1, standpunt nommer 2 , standpunt nommer 3 nie, dis nie nodig nie, maar jy moet deur jou toespraak deur die manier hoe jy dit voordra, asook die woorde wat jy gebruik moet dit baie duidelik vir die gehoor wees waar jou nou in die toespraak is en waarvan jy hulle oortuig.
 
6.      Hou altyd oogkontak met die gehoor!
Jy kan nie effektief met die mense kommunikeer as jy nie elkeen in die oë kyk nie. Ek weet baie leerders word geleer om na die gehoor se voorkoppe te kyk. Dit werk vir die kleiner outjies - meer ervare sprekers moet direkte oogkontak maak.
 
7.      Die Inleiding is BAIE belangrik!
Jy het net 5 sekondes om mense se aandag so te gryp dat hulle na die res van jou toespraak gaan luister. So maak baie seker dat in die lewering en die woorde wat jy gebruik dat dit ‘n baie sterkte inleiding is.
 
8.      Die SLOT is NET SO belangrik!
Baie mense (insluitende beoordelaars... – hulle is ook maar net mense) verloor aandag gedurende die toespraak en skrik dan wakker naby aan die einde van die toespraak. So dit is absoluut krities dat jy ‘n baie sterk slot gebruik.
 
9.       Bronverwysings
Die ATKV is veral krities as dit kom by bronverwysings. Maak doodseker dat jou verwysings relevant, duidelik en volledig is. Hoekom ondersteun die bron jou standpunt en hoekom is die bron kredietwaardig?
(Voorbeeld: persoon se titel en volle name, naam van artikel, datum en waar is die artikel gepubliseer en hoekom die persoon ‘n ekspert is op die gebied)
 
10. ONTSPAN!
Die gehoor voel ‘n spreker se spanning aan, so oefen om gemaklik te kan wees voor ‘n gehoor. Onthou ook dat die nie die einde van die wêreld is as mens ‘n fout maak nie.

 

Filters
Sort
display