Graad 8 - 12

Beskou as Grid List
Sorteer

‘n Alternatiewe leefstyl is nodig vir die toekoms (Gr 8-12) (4min+)

‘n Alternatiewe leefstyl is nodig vir die toekoms. Ek gaan my standpunt met die volgende 3 punte staaf: Ons moet ’n alternatiewe denkpatroon vestig. Ons moet fokus op ‘n alternatiewe gesonder leefstyl. En ons moet alternatiewe metodes soos humor gebruik om die lewe te kan hanteer. Geskik vir graad 8-12. Lengte van die toespraak: 4min+
R 515.00 R 465.00

‘n Alternatiewe manier van die lewe se struikelblokke te oorkom, is om positief te wees (Gr 8-12) (4min+)

‘n Alternatiewe manier van die lewe se struikelblokke te hanteer, is om positief te wees. ‘n Positiewe gesindheid maak dat ons probleme makliker oplos. Dit maak dat ons beter verhoudings bou. En ‘n positiewe gesindheid maak dat ons die humor in die lewe raak sien. Geskik vir graad 8-12. Lengte van die toespraak: 4min+
R 515.00 R 465.00

‘n Eiffel-toring gids gaan jou nie help as jy in Egipte se piramides verdwaal nie (Gr 8-12) (4min+)

‘n Eiffel-toring gids gaan jou nie help as jy in Egipte se piramides verdwaal nie. Daarom is ‘n gids wat jou kan lei essensieel. Maar om ‘n gids blindelings na te volg gaan jou of op die wal, of in die sloot laat beland. Al is daar gidse wat jou leiding gee, moet jy steeds die keuse maak van waarheen jy wil gaan. Geskik vir graad 8-12. Lengte van die toespraak: 4min+
R 515.00 R 465.00

‘n Mens bemagtig jouself deur verantwoordelikheid te aanvaar vir jou eie lewe (Gr 8-12) (4min+)

‘n Mens bemagtig jouself deur verantwoordelikheid te aanvaar vir jou eie lewe Jy bemagtig jouself om ‘n gesonde lewenstyl te handhaaf. Jy bemagtig jouself om waagmoed te hê. En jy bemagtig jouself deur nie toe te laat dat mense bo-oor jou loop nie. Geskik vir graad 8-12. Lengte van die toespraak: 4min+
R 515.00 R 465.00

‘n Mens het die keuse om dit wat jy het te waardeer eerder as om lugkastele te bou oor dit wat jy nie het nie (Gr 8-12) (4min+)

‘n Mens het die keuse om dit wat jy het te waardeer eerder as om lugkastele te bou oor dit wat jy nie het nie Jy moet kies om die talente wat jy ontvang te ontwikkel in plaas daarvan om ander s’n te bewonder. Jy moet kies om nie jou vriende se skynbare glanslewe op sosiale media te begeer nie. En jy moet kies om jou familie te waardeer en nie ander s’n te beny nie. Geskik vir graad 8-12. Lengte van die toespraak: 4min+
R 515.00 R 465.00

‘n Mens kan die angel van ‘n lewe vol druk se steek verdoof (Gr 8-12) (4min+)

‘n Mens kan die angel van ‘n lewe vol druk se steek verdoof. Skoollewe eis sy pond vleis, maar beplanning kan die angel se gif uittrek. Koshuis reëls se druk kan omseil word deur die natuur as ontvlugting te gebruik. Groepsdruk kan beperk word deur te belê in jou gesin. Geskik vir graad 8-12. Lengte van die toespraak: 4min+
R 515.00 R 465.00

‘n Mens moet elke deur oop maak en elke geleentheid aangryp (Gr 8-12) (4min+)

‘n Mens moet elke deur oop maak en elke geleentheid aangryp. Geleenthede laat jou groei. Dit skep nuwe uitdagings. En oop deure hou jou uit die kwaad uit. Geskik vir graad 8-12. Lengte van die toespraak: 4min+
R 515.00 R 465.00

‘n Mens moet jou ankertoue lig en nuwe oseane ontdek (Gr 8-12) (4min+)

‘n Mens moet jou ankertoue lig en nuwe oseane ontdek. Tieners moet die lewe voluit lewe en nie bang wees om uit hul gemaksone te kom nie. Tieners moenie in die veilige hawe van die groep bly nie, maar hul eie waardes en beginsels uitleef. Jongmense moet nie in die veilige hawe van hul ouerhuis bly lê nie, maar hulle vlerke sprei. Geskik vir graad 8-12. Lengte van die toespraak: 4min+
R 515.00 R 465.00

‘n Mens moet murg in die pype hê om die stryd tussen die Adams en die Evas-geslag te oorleef (Gr 8-12) (4min+)

‘n Mens moet murg in die pype hê om die stryd tussen die Adams en die Evas-geslag te oorleef. Mans dink hulle is slimmer as vrouens. Die Adams verbeel hulle hul is sterker as die Evas. En vroumense is emosionele wesens terwyl mansmense na hul grot toe vlug. Geskik vir graad 8-12. Lengte van die toespraak: 4min+
R 515.00 R 465.00

‘n Mens moet nie toelaat dat jou omstandighede vir jou grense stel nie (Gr 8-12) (4min+)

‘n Mens moet nie toelaat dat jou omstandighede vir jou grense stel nie. Materiële dinge se grense bepaal nie jou sukses nie. Gesondheid se grense hoef jou nie te laat terug sit nie. En die pandemie se veranderde leefwyse stel grense wat ons kan oorkom. Geskik vir graad 8-12. Lengte van die toespraak: 4min+
R 515.00 R 465.00

Wat ons kliënte sê...


"Die redenaars finaal was heerlik."

 


"Die beoordeelaars was baie positief oor my dogter se toespraak en ons soek graag nog 'n treffer vir volgende jaar.  Sodra ons weet wat die temas is kan julle begin skryf."

 


"Weereens dankie, dit was 'n eer om by finaal te wees, dis die tweede keer met julle fantastiese toesprake."

 

 


"Ek wil julle net weereens bedank vir ‘n PUIK toespraak. My dogter het weer 2de plek gekry met die skool kompetisie. Ek maak defnitief weer volgende jaar van julle gebruik en sal julle aanbeveel by almal wat ek ken."

 


Klik om meer te sien

 

 

 

 

Volg ons op Facebook vir die nuutste redenaars nuus

 Facebook Link

Filters
Sort
display